Kommentaar oor die sonette

Dit wys jou net: 

As jy weet hoe werk 'n sonnet se rymskema (abba, cddc, efg, efg) 
kan jy woorde aanmekaar string. 

Soms is dit spontaan,
Soms is dit gedwing.

Soms is dit twak,
stupid en swak.

Maar hier en daar
raak dit dalk 'n snaar.

Dan is dit nie meer snert nie,
en nie heeltemaal niks werd nie.