Kleuterrympies




Erfenisdag
--------
Erfenisdag is Braaidag
Erfenisdag is tops!
Met boerewors en mieliepap
en potjiekos en tjops!


Nuwejaarsdag
-----------
Op Nuwejaarsdag
moet ons  'n jaar lank wag
vir Oujaarsdag!

Op Oujaarsdag
is daar net een nag
voor Nuwejaarsdag!


Verjaarsdag
---------
Ek verjaar, ek verjaar,
Maar waar, o waar
Is my present?

Ek verjaar, ek verjaar,
O daar, o daar
Is my present!

Hoera vir Ma!
Hoera vir Pa!

By die see
-------
My ma vat my hand
Ons loop op die sand
Die water vang my voetjies
Die son brand my sproetjies

Lekker eet
--------
Druiwe maak moskonfyt
Koring maak boerbeskuit