Jou kat, genaamd Meidjie

Aan Johan.


As jy by die werk is
En ek by die huis
Maak jou kat of sy sterk is
En ek word haar muis.

Sy lê my voor
As sy my hoor
Arme, niksvermoedende ek...
              net
                ...   WOEPS!


En ek lê uitgestrek!
.............platgetrek!
...en muislik vrek!
(Met 'n "smile" op my bek..!)


26  Januarie 1977