In my hart gebêre

As ek 'n skilder was
sou ek met verf en kwas
en seker hale
jou gesig kon skilder.

Vier jaar al ken ek jou,
bemin ek jou,
en nou is ek jou vrou
wat elke lyn van jou gelaat
diep in my hart grafeer het
en toe-oë jou kan sien
en liefhê.


-------
Des 1976