Die laaste jaar voor Vyftig

Die laaste jaar voor vyftig
is een waaraan mens vas wil klou.
Hy vlieg so snel, hy sterf so gou.
Aan sy einde is mens amptelik: middeljarig.

By sy aanvang knaag die wete:
“Ek word oud... ek word oud…”
Jou bors trek toe, jy voel benoud.
Jy word bewus van oumens skete.

“Hoe vinnig het die tyd gevlieg”, dink jy.
“Ek wou nog dit, ek wou nog dat.”
Jou pas versnel, jy wíl bereik in hierdie hede!

O Heer, laat hierdie dae rustig bly.
Leer my om 'n stok te steek in hierdie rat
Wat knaag aan my gemak en vrede.



___________________
Van: Allida Delport
Aan: skoonsus Elaine Jacobs op haar 49ste verjaarsdag (3 Februarie 2012)

Creative Commons Licence
All works on Alida Delport Online by Alida Delport is licensed under a Creative Commons Attribution-NonCommercial-NoDerivs 3.0 Unported License.
Permissions beyond the scope of this license may be available from alidadelport@gmail.com.