Die laaste jaar voor Sestig

Aan myself, DV vir my 59de verjaarsdag (28 Junie 2012)

Die laaste jaar voor sestig
is een waarin mens werklik nederig word.
Die tyd wat oorbly is so kort.
Grafte van tydgenote kan dit bevestig.

By sy aanvang wroeg die vraag:
“Ek wonder hoelank gaan ek nog leef?”
Die kommer laat jou beef.
Al veg jy hoe – dié vraag bly knaag.

Met elke nuwe skeet is daar vermoede
dat iets vreeslik kan verskyn.
Jy leef in smeekgebede.

Jy bid bewaring af teen armoede,
teen hulpeloosheid en pyn,
Jy vra vir sielevrede.






Creative Commons Licence
All works on Alida Delport Online by Alida Delport is licensed under a Creative Commons Attribution-NonCommercial-NoDerivs 3.0 Unported License.
Permissions beyond the scope of this license may be available from alidadelport@gmail.com.