Die laaste jaar voor Dertig

Aan my seun Piet op sy 29ste verjaarsdag (13 April 2012)

Die laaste jaar voor dertig
is een waarin mens uitsien na die lewe:
Daar's drome om voor te strewe
En doelwitte om te vestig.

By sy aanvang is jy klaar geskool
Om te kan doen
wat jy wil doen.
Jy sprei jou vlerke soos 'n voël.

Jou lyf is jonk
Jy maak jou merk
Geen teenslag kan jou keer nie.

Die liefde pronk
Jou gees is sterk
Jy wéét: kanse kom nie weer nie!