Sy Sterf

Op 17 Oktober 2013 om 08h20 sterf Sophia Elizabeth Blankenberg Jacobs (gebore Sadie).

Nee, sy het nie toe gesterf nie. Sy het reeds gesterf. Al wat oorgebly het was 'n hart wat nie wou ophou klop nie. Lank na haar gees gegaan het, het die hart bly vasklou aan hier. Hy het genadeloos alles gevat, gevat. gevat... Elke tikkie energie wat in daardie voos-gelyde liggaam oor was.

Op 17 Oktober 2013 om 08h20 sterf haar hart.

Jesus se kruiswoorde. 

My ma se sterwenswoorde.