Die Groot Weggooi

2011 – 11 – 30


Ek maak huis skoon. Fisies. Maak kaste en bokse oop en gooi weg. In my lewe die laaste ruk drie keer al help skoonmaak met 'n groot trek. Twee daarvan na 'n afsterwe van 'n familie lid. En as jy 'n sentimentele mens is soos ek, is die skoonmaak soveel moeiliker.


Ek is besig om 'n boek te skryf. Meer korrek: ek is besig om meer as een boek te skryf, want sien, ek wil 'n skrywer word.
Bie een boek waaraan ek werk is werksverband en die tema is “One Thing, One place, Once, First Time”. As mens iets wil preek, dan moet jy daai iets ook doen.


As ek dus iets optel uit my kas of 'n boks, dan moet ek dit stoor: die eerste keer op die regte plek. Al/ is die eerste plek die asblik. Dis nie so maklik nie, toe maak ek ook maar 'n “intermediate plek”. Die nood vir 'n intermediate plek is dat jou huis steeds netjies moet lyk, al is jy besig om uit te sorteer en weg te pak.


Maar laat ek by die punt kom. Ek ontdek toe twee koerantjies was uitgegee was deur 'n maatskappy met die naam “Software Futures”. En daar pryk my ou gesiggie op die voorblad.


Nou ja, dis net mooi hier met skoonmaak dat ek moet besluit: hou of gooi weg. Hou se kriteria: het dit waarde vir iemand, en inden wel, hoekom?


Nou goed: ek het my tante se aardse besittings moes “skoonmaak” na haar dood, en ook my ma s'n. En ek weet, na my dood sal my kinders (of iemand anders) dit moet doen met my goete wat ek in my lewensruim gehad het tydens my afsterwe.


Vraag is nou: bêre ek hierdie nuusbriewe, of nie? Hoekom het ek dit in die eerste plek gebêre? Die datum van die een is Februarie 1998 en die ander een is April 1998. Dis more Desember 2011 – m.a.w. vir byna 13 jaar al lê hierdie twee nuusbriewe iewers in 'n kas in my huis. Ja, nou en dan het ek dit raakgesien as ek iets soek, maar ek moet nóú besluit: asblik toe of nie.


Toe besluit ek: asblik toe. Maar eers gaan ek ietsie sê daaroor.


Die artikel skryf: “Software Futures buys AD Consulting”. Nou ja, AD Consulting was die besigheid wat ek in 1994 vrou-alleen begin het sonder enige hulp van iemand anders. Ek moes net, want ek was afgedank deur my werkgewer as gevolg van maatskappy herstrukturering. Ek het 3 kinders gehad om alleen groot te maak. Geen finansiele hulp van hul pa nie. Dit was swaar jare. Na my afdanking het ek kontrakwerk gekry by wat later een van SA se grootste winkelgroepe geword het. Die kontrak was egter nie op skrif nie, want ek moes eers 'n beslote korporasie registreer omdat hulle nie kontrakte met individue gesluit het nie. Dit het drie maande geneem voor ek die eerste keer betaal is. Vir drie maande in 'n ry het ek letterlik op my kniee voor die bankbestuurder gaan soebat: leen asseblief, skiet asseblief nog geld voor, want ek kan nie my knders kos gee nie.


Ek het vasgebyt, want ek het geen ander keuse gehad nie. En op die ou einde het goed op dreef gekom. So goed, dat ek 'n Mercedes Benz kon bekostig. Later het ek mense in diens geneem, maar ek was die enigste inkomstegenererende siel in die besigheid. As mens mooi dink, kon ek al die geld vir myself gebruik het, maar om te groei moes die besigheid mense bykry. Ek was egter die “fuel” wat almal se enkins laat dreun het.


In retrospek: my hele lewe was so. Ek was die draer van baie. Dit, besef ek vandag, het my moeg gemaak vir die lewe. Ek het myself uitgebrand. Op my ou dag is ek arm, want ek het te veel ander gehelp as om na myself te om te sien.
Dit was 'n baie laat les: die storie van die 5 wyse maagde en die 5 dwases. Ek was een van die dwase wyses: het genoeg olie gehad, maar in plaas van om NEE te sê, het ek altyd my eie olie uitgedeel. Vandag besef ek dit was nie wat van 'n Christen verwag word nie. Christene moenie vloermatte wees as hulle geseën word nie. Ja, help as daar oorvloed is, maar sorg dat jyself genoeg brandstof oor het om aan die Hemelse Feesmaal van die lewe te kan deelneem. Dis waarvoor die Here jou talent gegee het.


Maar nou ja: terug na Software Futures. My besluit om my besigheid te verkoop was nie maklik nie, Software Futures was my grootse kompetisie. Hule het my gedreig dat hule my sal “uitvat” as ek nie verkoop nie. Op daardie stadium was ek so moeg van werk en werk en werk en geen vakansie, want ek het nie net myself en my gesin nie, maar ook personeel gehad om na om te sien. Toe verkoop ek. Ra-ra-ra. Grootse fout van my lewe.


Op die agterkant van die nuusbrief is 'n agenda waar ek aangedui word as spreker op 'n gratis seminaar met die tema: “Object Modeling with UML”. My onderwerp was: “Outcomes based training for object methodologies and UML”. Die arme kliente is na die seminaar gelok met 'n gratis “light lunch”.

Die volgende nuusbrief, April 1998, het 'n artikel “IDS completes ARIS deployment for Sanlam”. Daar staan: “Software Futures IDS recently completed a highly successful project to deploy the ARIS product set into Sanlam, the insurance industry giant.... This has provided Sanlam with a comprehensive framework to support the development of a holistic integrated business architecture”. Ek glimlag wrang. "So much for the  'big bang' words of 1998", dink ek hard-op.  Tegnologie verander voortdurend. Op my ou dag weet ek mens moet dit in gewone taal ooak kan stel. Dit kom neer op "One Thing, One place, Once, First Time".

Right: ek is reg vr die asblik. Nuusbriefies sommer opgeskeur ook, sodat ek nie van plan kan verander nie.