I hang out here

My family‎ > ‎

Ma Jacobs

Ma van Sewe


Ma Jacobs is die stam moeder van 7 kinders: Fred, At, Alida, Johan, Hans, Dawie en Annelize.

Sophia Elizabeth Blanckenberg (nee Sadie) Jacobs is gebore op 31 Augustus 1925. Op 17 Oktober 2011 sterf sy na helse lyding aan lewer en pankreas kanker.

Haar Kinderjare

 
 
Saam met Tannie Blanche, haar ouer en enigste suster.


Jong meise

Bloemhof, 1946: mondig! 

  
Troue, 18 Desember 1947

Plaas Vaalrand

 
1983 - Kleinseun Piet. Ouma is 58.

2004-08-31 Ouma word 79

Dankbaarheid

Dis met dankbaarheid dat ons kon terugkyk op Ouma Elize Jacobs se 79 jaar. So lank as wat ek kan onthou, was sy, en is sy steeds, die stille en sterk anker wat ons spul Jacobse op die regte pad hou. Ons is getrakteer op tee en koek. Die ouderdom en siekte eis sy tol, en ons is dankbaar dat Ouma Elize nog gesond en sterk is. 'n Jaar gelede was sy, tannie Elize (Swart, Dawie se skoonma) en Tannie Riet ng al drie gesond, op en wakker. Maar vanjaar was anders. Tannie Riet, op 81, was te swak om selfs die pad van haar woonstel na die tee te stap en ons het almal later daar 'n draai gaan maak. En Tannie Elize Swart is onder behandeling vir kanker. Dit maak ons soveel meer dankbaar dat Ouma Elize Jacobs nog so op en wakker is!

Die drie oudstes

Hier staan Tannie Elize Swart blymoedig met die hoedjie op die kop na die chemo. Ouma Elize lyk "stunning", waarvoor ons baie dankbaar is. Mens kan sien Tannie Riet is, soos sy self dit stel: "kuikentjie swak."

Kuier by Tannie Riet

Eers lag Delanie, Ouma en Tannie Riet vir die foto wat ek neem. En toe moet ek ook vir Delanie vir 'n foto glimlag. Ek lyk darem maar net soos my ma! Ek hoop net ek is so op en wakker en gesond as ek DV haar ouderdom bereik.
  
 

2007-01-29



Die plek waar Ouma so lekker sit en gesels het, was in haar "ouma" woonstel wat deel is van my huis. Hier is twee fotos van Ouma Jacobs. 
Ons het sommer gister (2007-01-29) gesit en gesels, en toe "steel" ek 'n paar fotos. Sy het nooit daarvan gehou dat mens fotos van haar neem nie.
Hier is sy 82 jaar oud.