I hang out here

My family‎ > ‎

Family Recipies

My mom was fabulous cook and baker. My daughter is of intention to open a website with all the family's favourites. Meanwhile, I will share a few.  Our home language is Afrikaans, so we stick to Afrikaans for our family recipies.

Klein koekies

Below is one that my mom loved to bake, and it was also the very last she baked: to treat the family at her 85th birthday.

Kaaskoekies - Ouma Elize Jacobs

500 ml koekmeelblom
2 ml sout
1 ml bakpoeier
625 ml fyn gerasperde cheddar kaas
250 ml margarien by kamertemperatuur
+/- 60 ml fyn appelkooskonfyt

Metode:
Sif meelblom, sout en bakpoeier saam. Voeg kaas by en meng.
Voeg margarien by (moet sag wees) en meng tot deeg.
Rol balletjies tussen handpalms en plaas in klein kolwyntjiepan.
Druk gaatjie met steel van lepel.
Skep mespunt konfyt in.
Bak 15 minute in oond by 200 grade Celsius.

Ontbytkoekies - Ouma Pats Delport (Potchefstroom)

Nota:
Hierdie koekies word ook "Post Toastie Koekies" genoem.
In plaas van om teelepelsvol deeg individueel te bewerk soos in resep hieronder aangegee, kan die deeg in 'n plat pan gedruk word om in blokkies te sny sodra dit uit oond kom. Hou egter die deeg dun, want as die deeg te dik is, is die tekstuur van die koekie nader aan die van hawermout-klapperkoekies, en verloor hulle die heerlike krakerige tekstuur wat eie is aan hierdie koekies.

1 k hawermout 
1 k suiker
1 k meel 
1/2 k botter
1 k klapper 
1 eier
1 k ontbytgraanvlokkies (Post Toasties) 
1 t vanielje geursel
2 e okkerneute (opsioneel) 
1 e grondboontjiebotter
1 t bakpoeier
1 t koeksoda
knypie sout

Metode: 
1. Rol 'n koekroller liggies oor ontbytgraan om hulle effens fyner te breek.
2. Meng met hawermout, klapper en okkerneute.
3. Sif meel, bakpoeier, koeksoda en sout saam en meng met die hawermoutmengsel.
4. Room suiker en botter en voeg eiers by. Voeg geursel en grondboontjiebotter by.
5. Meng nat en droë bestanddele met 'n houtlepel.
6. Maak klein bolletjies (omtrent 1 teelepel grootte) en druk plat met vurk op gesmeerde bakplaat.
(Moenie te na aan mekaar plaas nie.)
7. Bak 10 minute in matige oond (180 grade Celcius) tot ligbruin.

Romany Creams

Hoeveelheid: Lewer 34 koekies.

250 g margarien 
210 g strooisuiker
240 g (2 k) meel 
60 g kakao
5 ml bakpoeier 
1 ml sout
125 ml kookwater 
200 g sjokkelade
160 g (500 ml) klapper

Metode:
1. Room suiker en botter.
2. Sif droe bestanddele saam.
3. Voeg droe bestanddele om beurt met water by botter mengsel.
4. Voeg klapper by en meng deeglik. 
5.
5a. MIKROGOLF:
Smeer of bespuit glasblad van mikrogolf. Skep 9 teelepelsvol op glasblad en bak 2,5 minute op 100%. Laat effens afkoel op glasblad en verwyder versigtig met spaan en sit op afkoelrak.
5b. GEWONE OOND:
Maak klein bolletjies (omtrent 1 teelepel grootte) en druk plat met vurk op gesmeerde bakplaat.
(Moenie te na aan mekaar plaas nie.) Bak 10 minute in matige oond (180 grade Celcius). Laat effens afkoel op bakplaat en verwyder versigtig met spaan en sit op afkoelrak.
6. Smelt sjokkelade sowat 2 minute op 100% in mikrogolf. Haal uit, roer goed en laat effe afkoel.
7. Plak koekies twee-twee op mekaar vas met die sjokkelade.

Poedings

Blikkiesvrugtepoeding - Alida

Bron: aangepas uit TygerBURGER, 2002-09-25.
Hoeveelheid: 8 porsies.

250 ml suiker 
2 groot eiers
1 x 410 g blik ingemaakte vrugte 
500 ml bruismeel
Knipie sout 
5 ml koeksoda
Stroop 
200 ml suiker (of minder) 
375 ml melk of ideal melk
5 ml vanielje 
125 ml lemoensap of brandewyn of water
125 ml klapper

Metode: 
Klits eiers en suiker tot romerig. 
Dreineer sap van vrugte in die eiermengsel. 
Sif droë bestanddele saam en roer by eiermengesel. 
Vou vrugte in. 
Gooi in gesmeerde oondvaste glasbak.
Bak teen 180 grade Celsius vir 45 minute. 
Plaas intussen al die nat stroopbestanddele in 'n kastrol en prut vir 5 minute.
Gooi warm oor koek as uitkom. 
Strooi klapper oor.
Bedien met roomys, vla of room. 


Sagopoeding - Ouma Elize

Bron: Uit Ouma Elize se trouresepteboek - naam onbekend.
Hoeveelheid: 8 porsies

4 k melk
4 eiers
3 E sago 
3 E botter
6 E suiker 
1 t Vanilla-essens
Knypie Sout 
Appelkooskonfyt

Metode:
Kook die melk, sago, suiker en sout saam totdat die sago gaar en deurskynend is. 
Haal af van die stoof en laat effens afkoel. 
Roer die botter, effens geklitse eiergele en vanilla-essens in. 
Giet in `n gesmeerde bakskottel. 
Bak in `n matige oond (350 'F) totdat die eiers gestol is. 
Smeer `n lagie appelkooskonfyt bo-oor. 
Maak `n maringue van die wit van die eiers, styfgeklop en 8 E suiker daarin geklop. 
Stapel dit bo-op die poeding. 
Bak tot ligbruin.

Vrugte spons - Alida

Bron: Aangepas vanaf aarbei spons resep van Lynn Cupido, kollega by Clicks
Hoeveelheid: 2,5 liter

1 pakkie vrugte jellie (bv aarbei jellie vir aarbei spons, perske vir perske spons)
175 ml vrugte joghurt (selfde as of komplimenterende geur vir jellie
1 groot blik (410g) Ideal melk 
1 k kookwater
'n Porsie vrugte per gas. Kies vrugte wat jellie en joghurt komplimenteer, bv. vars aarbeie, ingelegde perskes, ens. 
Room of Orley Whip vir garnering


Metode:
1. Los jellie op in kookwater en laat afkoel. Moenie stol nie.
2. As jellie koud is, klop Ideal melk tot dubbel volume.
3. Mend joghurt, jellie en Ieal melk.
4. Hou in yskas tot gebruik.
5. Dien op met vrugte en garneer met room of Orley Whip. 

Sjokkelade Mousse - Alida

Bron: Alison Thorburn, All Breeds Cat Club
Hoeveelheid: 3x die resep maak 5 liter

50 ml vla poeier 
100 ml kakao poeier
75 ml suiker (of minder, na smaak) 
1 groot blik (410g) Ideal melk
500 ml melk 
15 ml gelatien
30 ml koue water

Metode:
1. Sif vla poeier, kakao en suiker Voeg melk by en los op.
2. Verhit mengsel totdat dit kook en verdik. Haal van hitte af.
3. Strooi gelatien oor koue water en laat staan tot sponserige. Voeg gelatien by die warm mengsel en klop. Laat mengsel afkoel tot kamertemperatuur.
4. Klop Ideal melk tot dubbel volume en meng met die vla-mengsel.
5. Hou in yskas tot gebruik.


Vleis

Lasagna - Elaine

Bron: Elaine het die lekkerste resep van haar tannie Miemie gekry.
Hoeveelheid: 6 - 8 porsies

500 g maalvleis 
1 blik heel tamaties van 400 g
5 ml kookolie 
1 pakkie minestrone soppoeier van 68g
30 ml rooiwyn of water 
50 ml botter of margarien
175 g lasagne noedelvelle 
100 ml gesifte koekmeelblom
570 ml melk 
5 ml sout
1 ml peper 
250 ml gerasperde cheddar kaas

Metode:
Verhit die olie in 'n braaipan en braai vleis 10 minute daarin. Voeg soppoeier, tamaties en hul sap en rooi wyn by, roer en kook 3-4 minute.

Kook lasagne sowat 10 minute of tot sag in soutwater waarby 'n bietjie kookolie gegooi is. Spoel in koue water en droog af.

Smelt botter in kastrolletjie, tel van stoof af en roer meel by. Roer melk geleidelik by en verhit tot kookpunt terwyl aanhoudend geroer word. Geur met sout en peper.

Plaas 'n laag velle lasagne op bodem van gesmeerde oondskottel van 20 x 20 cm. Skep 'n laag vleismengsel oor en bedek met 'n laag witsous. Herhaal lae en eindig met witsous. Strooi kaas oor en bak 30 minute by 200 grade Celsius. Bedien met groen slaai.

Bevriesing: Laat afkoel en bevries net voor dit gebak word. Laat oornag in koelkas ontdooi en bak soos beskryf voor opdiening.

Vis

Tuna-happie - Ouma Elize

Bron: Wenresepte - Huisgenoot
Hoeveelheid: 6 porsies

6 snye witbrood (korsies verwyder) botter
Old Cape-mosterd 
1 ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk 
olie
2 blikke (200g elk) gesnipperde tuna 
75 ml fyngekapte pietersielie
150 g (375ml) gerasperde cheddar-kaas 
1 groot tamatie, ontvel en in skywe gesny
sout en peper na smaak 
250 ml melk
2 eiers 
5 ml paprika

Metode:
1. Voorverhit oond tot 180 'C (350 'F).
2. Smeer die brood aan albei kante met botter. Smeer 'n bietjie mosterd oor die bokant van elke sny brood. (As jy nie old Cape het nie kan jy gerus 5 ml mosterdpoeier per 100g botter meng ). Rangskik die brood in `n oondvaste bak.
3. Soteer die ui en knoffel in `n bietjie olie tot sag. Voeg die tuna en pietersielie by en skep bo-op die brood. Sprinkel die kaas oor en pak die tamatieskywe bo-op. Geur goed met sout en peper.
4. Klits die melk, eiers en paprika saam en giet oor tunamengsel.
5. Bak sowat 30 minute lank of totdat die eiermengsel gestol is.
6. Dien warm op.

Groente

Gebakte murgpampoen - Ouma Elize

Bron: Uit Wenresepte - Huisgenoot

1 middelslag-murgpampoen (+/- 3 kg) 
125 ml water
2 ml sout 
400 ml melk
200 g (250ml) suiker 
2 eiers
25 g (50ml) mielieblom 
10 ml bakpoeier
kaneel na smaak

Metode:

Voorverhit oond to 180 'C (350 ' F).
Sny die pampoen in skywe en skil. Sny pitte uit. Sny in blokkies van +/- 3 cm . Gooi die pampoenblokkies in 'n groot kastrol, voeg water en sout by. Verhit dit tot kookpunt en kook net sowat 5 minute. Blokkies moet nog styf wees - nie sag nie! Dreineer die blokkies in `n vergiettes. Smeer `n groot vlak oondvaste skottel dik met botter/margarien en skep die halfgaar pampoenblokkies daarin. Klits die melk, suiker en eiers goed saam in `n mengbak . Voeg die mielieblom en bakpoeier by en meng. Gooi die mengsel oor die pampoenblokkies. Strooi kaneel bo-oor. Bak die pampoen `n halfuur of totdat die mengsel gestol het. Sit warm voor.


Gevulde botterskorsies - Ouma Elize

Bron: Uit Wenresepte - Huisgenoot

3 botterskorsies, in die lengte gehalveer en ontpit
1 pakkie (250 g) ontbytspek 
12.5 ml olie
1 klein ui, fyngekap 
1 klein blikkie (225g) geroomde suikermielies)
100 g (250 ml) gerasperde cheddar-kaas 
sout en peper

Metode:
Plaas die botterskorsies op die glasplaat van die mikrogolf (oop kant na onder) en mikrogolf @ 100 % krag vir 12 - 14 minute. (vleis van skorsie moet sag dog effens ferm wees). Verwyder vleis versigtig sodat sowat 5 mm aan die rand reg rondom oorbly. Behou die vleis.

Braai spek uit, dreineer en kap fyn. Braai ui in olie. Meng spek, ui, botterskorsievleis en suikermielies en Cheddar-kaas. Geur na smaak met sout en peper. Vul botterskorsie helftes daarmee. Mikrogolf `n verdere 5 minute of totdat botterskorsies warm is.

Warm aartappelgereg - Ouma Elize

Bron: Uit Wenresepte - Huisgenoot

1 kg (6 groot) aartappels 
250 g ontbytspek in blokkies gesny
125 ml olie 
2 uie, in blokkies gesny
125 ml blatjang 
125 asyn
250 ml melk 
15 ml mielieblom

Metode:
Kook die aartappels met skil in soutwater tot gaar. Trek skille af en sny in blokkies en hou warm. 
Braai die spek met 25 ml van die olie. Skep uit en hou warm saam met aartappelblokkies. 
Braai die uie tot gaar. Voeg die res van die olie blatjang en asyn by en kook vir ongeveer 2 minute oor `n matige hitte sonder deksel. 
Meng die mielieblom en melk, gooi dit stadig by die uiemengsel terwyl jy dit vinnig inroer. Kook vir `n verdere 2 minute. Voeg die aartappel en spekstukkies by. Roer deur. Plaas in `n oondvaste bak in `n matige oond tot bruin. Dien warm op.

Slaai

Noedelslaai - die een wat Ouma Elize altyd gemaak het op die plaas - die rooie

Bron: Uit Wenresepte - Huisgenoot

1 pak (500g) skroef- of skulp noedels 
1 soetrissie
1 ui 
250 ml tamatiesous
125 ml asyn 
125 ml sonneblomolie
180 g (200 ml) witsuiker 
25 ml matige kerriepoeier
Paar druppels Tobascosous 
Peper

Metode:
Kook noedels en laat goed dreineer. Halveer, ontpit en sny die soetrissie fyn. Skil en kap die ui fyn. Meng die noedels, soetrissie en uie in `n slaaibak. Meng die tamatiesous, asyn, sonneblomolie, witsuiker, kerriepoeier, Tabascosous en peper. Giet dit oor die noedelmengsel en meng liggies. Laat afkoel voor opdiening. (Indien dit oornag in die yskas staan, smaak dit beter).

Piesangslaai (#1) - Ouma Elize

1 blik kondensmelk (397g) 
125 ml asyn
1 eiergeel 
5 middelslag piesangs

Metode:
Klits die kondensmelk, eiergeel en asyn goed saam. 
Skil en sny die piesang in klein stukkies en meng deeglik met die sous.

Piesangslaai (#2) - Ouma Elize


2 middelslaguie, gesnipper 
20 g (25 ml) botter/margarien
125 ml asyn 
100 g (125 ml) witsuiker
10 tot 12.5 ml matige kerriepoeier 
2 ml mielieblom
sout 
1 Groot Granny Smit-appel, grof gerasper
Sowat 300 ml kookwater 
6 groot piesangs

Metode:
Soteer die uie in die botter. Meng die asyn, suiker, kerriepoeier, mielieblom en sout goed saam. Voeg dit saam met die appel by die uiemengsel en kook tot sag. Verdun die sous met kookwater - dit moenie dik wees nie. Skil en sny die piesang in skyfies en giet die warm sous daaroor. Laat afkoel.

Kruiebeet (Beetblatjang) - Ouma Elize

Hoeveelheid: 1 liter slaai

1.5 kg jong beet 
500 ml water
500 ml asyn 
400g (500 ml) suiker
2 ml sout
2 ml gemaalde naeltjies
2 ml kaneel 
2 ml gemmer
1 ml swartpeper

Metode:
Sny die gaar beet in skyfies (of rasper grof). Verhit res van bestanddele in vlekvrye kastrol - voeg beet by. Verlaag hitte en prut vir 20 minute met deksel op. Skep in flesse.

Koringslaai met geelperske en kerriesous - Ouma Elize

200 g (250 ml) koring 

Sous:
1 groot soetrissie, gekap en in blokkies gesny 
50 ml sonneblomolie
1 groot ui, gekap 
3 ml borrie
1 blik (410 g) ingelegde perskeskywe, gedreineer
6 ml matige kerriepoeier
25 ml blatjang 
25 ml suiker
25 ml asyn 
5 ml sojasous (opsioneel)

Metode:
Kook die koring in soutwater en spoel af onder koue lopende water. Plaas in `n slaaibak. Meng die soetrissie, perskeskywe en ui met die koring.
Sous:
Meng al die slaaisousbestanddele saam. Dit moet deeglik gemeng word of in `n digte houer geskommel word, sodat veral die suiker kan oplos (die slaaisous moenie kook nie). Gooi oor die koringmengsel en roer goed deur.

Koringslaai met spek - Ouma Elize

125 g (halwe pakkie) ontbytspek, fyngekap 
ml kookolie
2 uie, fyngekap 
250 g sampoeiene, in skyfies gesny
750 ml gaar stampkoring 
125 ml hoenderaftreksel
50 ml rosyne (opsioneel) 
sout en peper

Metode:
Braai die spek in olie. Haal uit. Soteer uie. Voeg res van bestandele by en meng. Skeop in bak en laat afkoel.

Brood en skons

Geurige Karringmelk Broodjie - Elaine

500 g bruismeel 
5 ml sout
10 ml droe marjolein 
2 ml geurselsout
2 ml knoffelsout 
500 ml karringmelk
bietjie gersaperde kaas (cheddar) 

Metode:
Stel oond op 180 C (350 F). Sif droe betsanddele saam. Voeg karringmelk by, en meng tot deeg. Skep in gesmeerde broodpan, maak gelyk. Strooi kaas oor. Bak vir 35 minute.

Vinnige Volkoring Brood

500 g volkoringmeel 
3 ml sout
10 ml koeksoda 
125 rosyne (opsioneel)
15 ml heuning 
500 ml karringmelk, gewone yoghurt of suur melk
30 ml warm water

Metode:
Stel oond op 190 C (375 F). Meng koeksoda, water en heuning. Voeg karringmelk/joghurt by. Meng meel, en sout en voeg rosyne by. Skep in gesmeerde broodpan, maak gelyk. Bak vir 30-40 minute.

Joghurt brood - Alida

Bron: Lyn Cupido, kollega by Clicks.

175 ml joghurt (geur van jou keuse)
2 eiers
175 ml suiker 
175 ml kook olie
350 ml bruismeel

Metode:
Plaas al die bestanddele in 'n mengbak en meng met 'n elektriese menger totdat al die bestanddele net-net gemeng is. Sit in 'n goed-gesmeerde broodpan. Bak by 180 grade Celcius vir 45 minutes. 
Brood kan net so geeet word, of kan met versiersuiker bedek word. 

Skons

Bron: Ouma Elize se resep uit die ou groen resepteboek van Vaalrand.

2 k meel 
4 t bakpoeier
1/2 t sout 
2 e smeer
3/4 - 1 k melk (of enige verhouding van melk tot water)

Metode:
Sif droe bestanddele. Vryf smeer liggies in met vingerpunte tot mengsel krummelrig is. Voeg melk by en werk dit vinnig in met slapmes tot deeg 'n bal vorm met 'n rowwe oppervlak. (Moenie al die vloeistof met een slag byvoeg nie.) Krap deeg op effe meelbestrooide deegplank uit. Strooi meel bo-op deeg en rol liggies uit, of druk liggies met hande om 'n vierkant te vorm, 2,5 cm dik. Sny met skerp mes in 'n vierkant, of druk rond uit. Plaas op gesmeerde bakplaat en bak in warm oond 230-260 grade Celcius vir 15 minute.

Koek en Tert

Stroopkoek - Ouma Elize

1 k meelblom 
2 eiers
kwart k warm melk 
2 E botter
kwart k suiker 
2 t bakpoeier
Knippie sout

Metode:
Smelt botter in melk. Klop eiers en suiker saam en sif droe bestanddele bo-oor. Roer goed. Voeg melkmengsel by. Bak in gesmeerde pan. Prik met vurk en gooi die volgende stroop oor warm koek: 3 e goue stroop en 3 e botter wat vooraf gesmelt is.

Lemoenstrooptert

 [Variasie in vierkantige hakies]


1,5 k meelblom 
3 eiers [1 ekstra groot]
drie-kwart k melk [1/2 k lemoensap]
3 e botter of margarien [4 e]
1 k suiker [1/2 k] 
1,5 t bakpoeier [1 t bp + 1/2 t koeksoda]
Knippie pout
[1 e gerasperde lemoenskil, 2 e gekapte neute, 2 e sultanas]

Metode:
Klits eiers en voeg suiker geleidelik by. Sif droë bestanddele saam en voeg by eiermengsel. Verhit melk en roer botter in. Voeg by deeg en meng alles deeglik. Gooi in vuurvaste tertbord en bak in sowat 25 minute in matige oond teen 180 grade Celcius. Haal uit oond en gooi stroop oor.
[Klop botter en suiker tot romerig. Klop eiers by. Voeg skil by en klop goed. Voeg gesifte droë bestanddele by en voeg om die beurt met lemoensap by botter mengsel. Roer beute en sultanas in. Skep in vuurvaste bak. Bak 45 min by 180 grade C tot gaar. Voeg warm stroop dadelik oor.]

Stroop
1 k kookwater [laat weg] 
1 k lemoensap
2 k suiker [1/2 k] 
3 t gerasperde skil van lemoen [laat weg]
2 e botter of margarien [laat weg]

Mens alles en kook vir 5 minute. Gooi kokende stroop or tert en dien op, met of sonder vla. Kan koud voorgesit word met geklitste room.

Snowflake se Teekoek

480 g (4 koppies) meelblom 
4 eiergele
kaneel 
135 g (125 ml) botter of margarien
500 ml suiker 
5 ml koeksoda
Knippie sout 
10 ml kremetart
375 ml melk 
50 amandels

Metode:
Room botter en suiker tot romerig. Voeg eiergele by en klits tot liggeel en goed gemeng. Sif droe bestanddele goed saam en voeg om die beurt met melk by bottermengsel, terwyl teen stadige spoed gemeng word. Skep in gesmeerde 200 x 70 mm koekpan en rangskik amandels bo-op. Bak in voorverhitte oond van 180 C vir ongeveer 'n uur en 'n half of tot goudbruin en gaar. Koel af op afkoelrak.