My eerste sonnet


Ek skryf 'n sonnet.
Dis nou vir jou 'n ding - 
Maar darem ook pret.
Ai, waar sal ek nou begin?

E... die rymskema is glo
iets soos 'n AB-maal-twee kwartet
Plus nog 'n CDCD of so
En dan 'n EF-herhalingset.

Skielik kom daar 'n wending in
En jy kry die GG koeplet, jy sien.
Dis net hier waar die toepassing begin
offe ... weet jy dit al miskien?

Ai, Sonnet, Sonnet, ek het jou voltooi
En nou's ek net lus vir my warm ou kooi!

----
1968
Bloemhof (standerd 7)