Die laaste jaar voor sewentig

Die laaste jaar voor sewentig
is een waarin mens nie meer treur.
Wat moes gebeur, die het gebeur.
Jy's dankbaar jy is nog lewendig.

By sy aanvang dans die siel
voor die stramme liggaam uit:
dít is 'n wilsbesluit.
Die lewe is 'n wiel.

Jy gryp die hand
wat saam met jou
die son wil soek.

Jy smee 'n band
van trou
en skryf dit in jou lewensboek.

___________________
Van: Allida Delport
Aan: Jakes Jacobs vir sy 69ste verjaarsdag (23 Julie 2012)

Creative Commons Licence
All works on Alida Delport Online by Alida Delport is licensed under a Creative Commons Attribution-NonCommercial-NoDerivs 3.0 Unported License.
Permissions beyond the scope of this license may be available from alidadelport@gmail.com.